HOME
 
  HOME ABOUT US SERVICES COMPANY PROFILE    CSI    CONTACT US    MAIL DISCLAIMER     
 
 

Alle e-pos kommunikasie, insluitend alle aanhangsels daartoe, word aan u versend deur Van der Spuy en Vennote (Kaapstad & Bellville) Ingelyf, registrasienomer 1999/024501/21 (“VanderSpuy”) op die volgende terme en voorwaardes:

  1. Hierdie e-pos, die aanhangsels en enige regte voortspruitend daaruit is, tensy die inhoud duidelik die teendeel aandui, die eiendom van VanderSpuy.

  2. Die sienings vervat in hierdie e-pos is, tensy anders aangedui, die van die outeur en nie die van VanderSpuy of sy bestuur nie. Die inligting in hierdie e-pos is vertroulik en slegs bedoel vir die geadresseerde. Toegang tot en/of publikasie of bekendmaking van die inhoud van hierdie e-pos aan enige persoon of instansie anders as die geaddresseerde is ongemagtig en mag nie sonder die uitdruklike skriftelike toestemming van die versender geskied nie.

  3. Indien u nie die bedoelde geadresseerde of die persoon verantwoordelik vir die aflewering van hierdie boodskap is nie, word u hiermee in kennis gestel dat u hierdie boodskap foutiewelik ontvang het en dat enige bekendmaking, kopieëring of verspreiding van die inhoud daarvan, sowel as enige handeling of versuim voorspruitend daaruit, streng verbode is en onregmatig kan wees. Indien u hierdie e-pos foutiewelik ontvang het, stel die versender asseblief dadelik in kennis by wyse ‘n beantwoordende e-pos, faks of telefoonoproep en verwyder daarna die boodskap van u sisteem. Nie-nakoming hiervan mag op onregmatige onderskepping van kommunikasie, inbreukmaking op kopiereg en/of inbreukmaking op die reg op privaatheid neerkom, wat kan aanleiding gee tot strafregtelike en/of sivielregtelike aanspreeklikheid.

  4. Nieteenstaande enige ander bepaling in hierdie vrywaring, sal nòg VanderSpuy, nòg die versender van die e-pos, nòg enige ander verteenwoordiger van VanderSpuy aanspreeklik wees vir enige skade, verlies of uitgawe van welke aard ookal (insluitend maar nie beperk nie tot dit wat veroorsaak is deur korrupsie of verlies van data, skade aan sagteware programme en onderbreking van besigheidsbedrywe) wat mag onstaan as ‘n direkte of indirekte gevolg van die oordrag van die e-pos boodskap.

  5. Behalwe indien VanderSpuy uitdruklik skriftelik anders bepaal, sal geen ooreenkoms tussen VanderSpuy en die ontvanger van die e-pos, sy agente, of prinsipale afdwingbaar en van enige krag of effek wees tensy op skrif gestel in harde kopie en onderteken by wyse van konvensionele handtekening (nie elektroniese handtekening of gevorderde handtekening nie) deur die partye daartoe.

  6. Terwyl alle redelike stappe geneem word om die akkuraatheid en integriteit van die inligting en data wat elektronies oorgedra word te verseker en om die vertroulikheid daarvan te behou, word geen aanspreeklikheid of verantwoordelikheid aanvaar indien inligting of data, vir welke rede ookal, gekorrupteer is of nie sy bedoelde bestemming bereik nie.

  7. Indien die e-pos neerkom op gemorspos, die inhoud daarvan aanstootlik of van inbreukmakende aard is of dit andersins gestuur is vir doeleindes wat nie verwant is tot die amptelike besigheid van VanderSpuy nie, is sodanige e-pos teenstrydig met die VanderSpuy kommunikasie beleid en val dit buite die omvang van die betrokke versender se diensbestek en sal VanderSpuy nie aanspreeklik wees vir enige verlies, skade of uitgawe van watter aard ook al wat daaruit voortspruit nie.

  8. VanderSpuy behou die reg voor om enige inkomende en uitgaande e-pos boodskappe op sy e-posstelsel te lees, monitor, vernietig, blok, kopiëer of onderskep.

  9. Waar die tyd en datum waarop die e-pos gestuur is in dispuut is, sal VanderSpuy, tensy die inhoud van die e-pos uitdruklik anders bepaal, geag word die e-pos te gestuur het wanneer dit in VanderSpuy se stelsels as “gestuur” aangedui word en sal die e-pos geag word ontvang te wees, maar nie geag word gelees te wees nie, wanneer die e-pos in VanderSpuy se stelsels as “ontvang” aangedui word.

All e-mail communications, including all attachments thereto, are transmitted to you by Van der Spuy and Partners (Cape Town & Bellville) Incorporated, registration number 1999/024501/21 (“VanderSpuy”) on the following terms and conditions:

  1. This e-mail, its attachments and any rights attaching hereto are, unless the content clearly indicates otherwise, the property of VanderSpuy.

  2. The views expressed in this e-mail are, unless otherwise stated, those of the author and not those of VanderSpuy or its management. The information in this e-mail is confidential and is intended solely for the addressee. Access and/or publication or announcement of the content of this e-mail to or by anyone other than the addressee is unauthorised and may not take place without the express written authorisation of the sender.

  3. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, you are hereby notified that you have received this message in error and any disclosure, copying, distribution or any action taken or omitted in reliance on the contents of this e-mail is strictly prohibited and may be unlawful. If you have received this e-mail in error, please notify the sender immediately by return e-mail, fax or telephone and then delete the message from your system. Failure to do so may amount to the unlawful interception of a communication, infringement of copyright and/or infringement of the right to privacy, thus exposing you to criminal and/or civil liability.

  4. Notwithstanding any other provision of this disclaimer, neither VanderSpuy, nor the sender of the e-mail nor any other VanderSpuy representative will be liable for any loss, damage or expense of whatever nature (including without limitation that caused by the corruption or loss of data, damage to software programmes and interruption of business operations) resulting directly or indirectly from the transmission of the e-mail.

  5. Unless specifically indicated to the contrary by VanderSpuy in writing, no agreement between VanderSpuy and the recipient, its agents and principals shall be enforceable and of any force and effect unless in hard copy and signed by conventional signature (not electronic or advanced electronic signature) by the parties thereto.

  6. Whilst all reasonable steps are taken to ensure the accuracy and integrity of information and data transmitted electronically and to preserve the confidentiality thereof, no liability or responsibility whatsoever is accepted if information or data is, for whatever reason corrupted or does not reach its intended destination.

  7. If the e-mail constitutes spam, contains infringing or offensive content or was otherwise sent for purposes unrelated to the official business of VanderSpuy, that e-mail is contrary to VanderSpuy’s communication policy and falls outside the scope of employment of the sender and VanderSpuy will not be liable for any loss, damage or expense of whatever nature resulting therefrom.

  8. VanderSpuy reserves the right to access, read, monitor, delete, block, copy or otherwise intercept any e-mail transmitted to or from the VanderSpuy e-mail servers.

  9. Where the time or date on which the e-mail was transmitted is in issue, VanderSpuy will, unless the content of the e-mail expressly provides otherwise, be deemed to have sent the e-mail once reflected in our log files as “sent” on our mail servers and to have received, but not deemed to have read, an e-mail once it is reflected in our log files as “received” on our mail servers.

 
  © 2009 VANDERSPUY CAPETOWN